

GEROOSTERDE YOGURT EN KERRIE HOENDER
Bedien op koeskoes met ‘n somer slaai
4 hoender filette in 4-5 stukke elk gesny
1 koppie ongegeurde jogurt
2 eetlepels kerrie poeier van jou keuse
borrie
Ina Paarman Masala speserye
suurlemoensap
Meng die kerrie, borrie, jogurt en suurlemoensap en skep oor die hoender stukke in glas bak en meng goed. Sprinkel die Masala oor en maak dig toe met kleefplastiek. Sit in yskas oornag vir hoender om sag te word en geure om te ontwikkel.
Ek het hierdie gister begin marineer met die gedagte om dit op sosatie stokkies te ryg vir braai. Die braai het toe nie gebeur vanmiddag nie en ek het die hoender in my konveksie mikrogolf oond gerooster vir 14 min, halfpad omgedraai.
Resep en foto: Elsabie Templeton






