

KITS VANILLA POEDING
Naand bobaas kokke….my skoon ouers het by ons kom braai en ek moes ‘n nagereg aanmekaar slaan. Ek het ‘n vanilla muffin mix gevat en aangemaak volgens die pakkie se instruksies, maar in plaas van om dit in muffin pannetjies te bak, het ek dit in ‘n langwerpige pyrex bak gebak teen 180°C vir 20 min.
Ek het toe die Jan Ellis poeding se stroop gemaak en oor die koek gegooi, maar ek het net helfte aangemaak.
halwe koppie water
halwe koppie suiker
halwe koppie room (ek het volroom melk gebruik, want ek het nie room gehad nie)
teelepel vanilla essence
groot eetlepel botter
Saamgekook tot dit kookpunt bereik het en oor die koek gegooi en laat staan tot dit ingetrek het. Ek het dit bedien met Ultramel vla. Dit was regtig baie lekker.
Resep: Juanita Vermeulen
Gertrude Schoeman:
Jy kan ‘n blikkie perskes kleiner sny en sonder die sous dit ook byvoeg, of appel stukkies ook (in die blikkie)
Sandra Prinsloo Botes:
Ek het al die gemengde vrugte sonder sous onder in bak gegooi, deeg bo-op en sous bo-oor en dan gebak
Elize Van Niekerk Koertzen:
Probeer kondensmelk en melk wat jy kook tot dit verdik. Prik koek as dit uit die oond kom en gooi oor. Dis heerlik!






