

HOENDERPASTEI MET SLAP DEGIE
Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui, gekap
1 koppie veggie mix groente
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
knoffel vlokkies, sout en peper na smaak
Braai uie en voeg gevlokte hoender by.
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk.
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik, voeg nog melk by.
Gooi in gesmeerde bak.
SLAP DEGIE:
Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel.
125 ml olie
125 ml melk
190 ml bruismeel (of 190 ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slap deeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180°C vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin.
Resep: Ronel Vogel
Foto: Lea Drieselmann






