

PETRA SE GEEN KNIE BROOD IN DIE HALOGEEN OOND
Hierdie “Petra” GEEN KNIE BROOD bly ‘n treffer! Vinnig, maklik en lekker. Ekke het helfte van bestanddele gebruik en 6 broodjies gebak – nou het elkeen sy eie korsies!
7 koppies broodmeel (1 kg)
4 koppies lou water
10 ml sout
1 pakkie kits suurdeeg (10 g)
Meng alles goed – net geroer met houtlepel.
Plaas deeg in panne. Laat rys – maak dit lekker warm toe, dit rys baie gou.
Bak ± 1 uur by 180°C. Ek het dit in Halogene oondjie gebak op lae rakkie vir 35 minute by 175°C.
Ek het nie die oond vooraf verhit nie, het net die bekertjies ingesit en oond aangesit en gebak. Eers 20 minute, toe het ek dit nog 15 minute aangesit. Die volle resep maak 2 brode of 12 beker/blik broodjies. Nota: Ek gebruik in Texas as ek by my kinders kuier, “all purpose flour”.
Resep en foto: Frieda Greyling
Nota: Magda Van Zyl – Onfeilbare resep ek gebruik 2 koppies nutty wheat met 5 gewone meel en net so lekker.
Oorspronklike resep: https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/petra-se-geen-knie-brood/






