RONEL SE LEWERKOEKOEKIES
1 kg gemaalde lamslewer
1 groot ui, fyngekap
fyngekapte pietersielie, na smaak
2 groot eiers
3 eetlepels asyn
1 ½ koppies bruismeel
sout en peper
Worcestersous speserye
knoffel en kruie speserye
Meng al die bestanddele goed deur. Skep lepels vol in warm vlak olie.
Toets na die 2de omdraai of dit gaar is, maar moenie te dood bak nie.
Nota:
Ek maak my beslag stywerig aan. As dit nog te slap is, voeg nog bruismeel by.
FOTO: Ronell Boshoff