


MOEITEVRYE “MAC AND CHEESE” IN DIE PRUTPOT
4 kp melk
1 teelepel sout
2 ml peper
2 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel droë pietersielie
halwe ui fyn, gesny
halwe pak Macaroni (rou) (250 g tot 375 g)
2 – 4 kp kaas, gerasper
rooiworsies in ringetjies (opsioneel)
Smeer binnekant van prutpot met botter. Klits melk, eiers en geurmiddels saam. Roer die res van die bestanddele by. Skep alles in die prutpot. Bedek die prutpot en sit op Auto vir ongeveer 3 ure. Ek sny ‘n tamtie in skyfies en plaas dit bo-op voor die bak proses. HEERLIK
Resep: Benhet Nieuwenhuis
Foto’s: Leon Kotzé
Dit het Baie lekker uitgekom en om alles te kroon bekostigbaar. Alles wat jy nodig het is gewoonlik in die spens. Ek het die volgende veranderinge gemaak:
5 ml Lemonpepper ipv die 2 ml peper
1 hele ui, opgekap
gaar spek opgesnipper.

Wayne Dugmore
Ek het 2 tamaties in blokkies gesny en met alles gemeng. Na die 3 ure het ek Parmasan oor gesprinkel en nog ‘n koppie Cheddar en toe vir so ‘n half uur op high gesit.

Foto: Benhet Nieuwenhuis
Renee Haasbroek:
Ek het hierdie gemaak en het heerlik uitgekom! Ek het die basies van 4 melk en 4 eiers (large) en net bietjie meer as halwe pak macaroni geneem en toe het ek al die oorskiet vleise van kersfees bo-op macaroni geplaas en net so koppie gerasperde white Cheddar bo-oor, toe het ek gevriesde groente bo-op met mixed herbs en six gun grill spice bo-oor die eiermelk en heel laaste so koppie en half white cheddar! Absoluut heerlik! Dankie vir resep!






