

GIDEON SE SAMPIOENE MET SPEK
Ongeveer 14 knoppie sampioene
7 spek repies, middeldeur gesny
Marinade:
½ koppie olyfolie
1 teelepels sout
swart peper na smaak
2 eetlepels gekneusde knoffel
1 eetlepel dijon mosterd
sosatiestokkies
Ons het gisteraand hierdie sampioen- en spek sosatie gemaak vir ‘n bykos saam met die ontbeende lamsribbetjie rol.
Meng die marinade bestanddele saam.
Laat lê kleinerige sampioene wat liggies geprik is al in die rondte in die mengsel van olie vir omtrent twee ure.
Neem ‘n repie spek en sny dit in die helfte en draai dit om die geweekte sampioene, ryg op ‘n sosatie stokkie.
Doen so vier sampioene op ‘n stokkie en braai op die kole tot goudbruin en geniet.
Djeerlik !!!
Foto en resep: Gideon Louw







geskuif