

BOONTJIEBREDIE
3 groot uie, gekap
6 naeltjies
6 wonderpeperbessies
1 teelepel peperkorrels
¾ koppie water
bietjie kookolie
2 kg skaapvleis (ek het 1 kg skenkels en 1 kg nek gebruik)
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 kg gekerfde groenbone
5 groot aartappel, in kwarte gesny, elke kwart het ek rond gesny, die snippers het ek gebruik om die sous mee te maak
sout en peper na smaak
½ teelepel fyn neutmuskaat
Kook uie, wonderpeper, en peperkorrels in water tot al die water weggekook is.
Voeg olie by en soteer die uie tot goudkleurig.
Voeg knoffel by en braai goed deur.
Voeg vleis, aartappelsnippers en naeltjies by en bedek kastrol met deksel.
Laat prut oor lae hitte tot vleis gaar is.
Voeg bone en aartappels by en kook tot gaar en ‘n lekker sous gevorm het.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld







geskuif