

TUNA SAMPIOENE
9 groot sampioene
½ ui, gekap
5 ml knoffel (opsioneel)
4 jong tamaties, in blokkies gesny
2 blik tuna
3 eetlepels mayonnaise
sout en peper
wit Chedderkaas
Krap die binnekant van die sampioene uit. Gooi die stukkies wat jy uitkrap in ‘n bakkie.
Voeg die ui, tamatie, knoffel, tuna en mayonnaise by die stukkies sampioene in die bakkie.
Geur met sout en peper en meng alles saam.
Skep die uitgeholde sampioene vol van die tunamengsel en sprinkel kaas bo-oor.
Bak vir 15-20 min by 200˚C.
Die resep kan aangepas word volgens jou behoeftes.
Foto: Elna Erasmus
One thought on “TUNA SAMPIOENE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif