


TAMATIEBREDIE
Eerste foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
2 groot uie, in skywe gesny
½ teelepel peperkorrels
½ teelepel fyn naeltjies
½ koppie water
2 eetlepel kookolie
2 stukkies pypkaneel
1 kg skaapvleis
3 cm vars gemmerwortel, fyngekap
2 kardemompeule
3 blikkies gekapte tamaties of 1 kg baie ryp tamaties fyngekap (Ek het ‘n pakkie tamatiepasta bygevoeg)1 groen brandrissie gekap (het dit nie bygesit nie)
6 middelslag aartappels, gehalveer
sout, peper en suiker na smaak
gekapte pietersielie vir garnering
Plaas uie, peperkorrels, naeltjies en water in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt. Laat prut tot al die water weggekook is. Voeg olie en kaneel by en smoor tot uie goudkleurig is. Voeg vleis, gemmer en kardemompeule by en roer deeglik. Verminder hittegraad, bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en laat 30 minute liggies prut. Voeg tamaties en brandrissie by. Sit deksel op en prut vir 20 minute. Voeg aartappels , sout, vargemaalde peper en suiker na smaak by. Sit deksel op en prut totdat aartappels gaar is. Garneer met pietersielie en sit voor saam met rys.
Tweede foto: Petré van Jaarsveld
Aandete: Tamatiebredie op die Maleise manier gekook, ek het vandag beesvleis gebruik ipv skaap.







Sou mens hierdie resep in ‘n prutpot “slow cooker” kan doen?
Morne, ja jy sal beslis kan, kyk maar net dat jy nie teveel vloeistof het vir die prutpot nie, onthou hy maak nog vloeistof en gebruik nie vloeistof nie, maar dit behoor baie lekker te wees
Geskuif