


LEKKER DIK ERTJIE SOP
5 uie
2 knoffelhuisies
1 pak droë ertjies, oornag in water gelê
1,2 kg sop bene
½ pakkie spek
So 500 g vark stir-fry vleis, kleiner gesny
3 wortels, gerasper
2 eetlepels Worcestersous
Chilli beef Aromat, sout en peper na smaak
knippie suiker
spagetti (so kwart pakkie was genoeg vir my)
Sny uie en knoffel op (nie te fyn nie) en braai bietjie in bietjie olie.
Voeg die sop bene gevolg met vark vleisie by en braai saam.
Wanneer dit lekker bruin gebraai is, voeg die spek, wortel en gedreineerde ertjies by.
Vul die pot met water (ek het my groot swart pot driekwart vol gegooi met water sodat alles bedek was) en laat prut.
Ek het vir so 3 en ‘n half ure laat kook, toe die afgekookte skoon bene uitgehaal.
My ertjies was lekker sag, so ek het toe my geurmiddels bygevoeg en nog laat kook vir so halfuur en laastens die spaghetti opgebreek en ingegooi en laat prut tot gaar.
My sop het lekker dik geraak, so pas maar net die water aan na smaak.
Resep en fotos: Jeni Tait






