

TAMATIE MET HAM EN KAAS VOORGEREG
Nou so besef ek vanmiddag ek is weer agter. Hierdie is ‘n ou gunsteling. My eie resep vir ‘n vinnige voorgereggie. Ek maak gewoonlik die regte witsous, maar moes die pakkie gebruik om by die 5 bestanddele te bly.
1 tamatie
2 snytjies koue vleis, in klein stukkies gesny
1 pakkie witsous met net 125 ml kook water aangemaak
100 ml gerasperde cheddar kaas
60 ml fetakaas, gekrummel
swart peper en pietersielie vir kruie
Hol tamatie uit en sny so paar stukkies soos in wiggies uit bo. Maak witsous en koue vleis mengsel, en skep in tamatie. Rasper kaas bo-oor en krummel feta oor. Druk in oond of mikrogolf net sodat tamatie warm is en kaas gesmelt het.
Foto en resep: Magde Van der Kolff






