

STEAK EN AARTAPPEL FOELIE PAKKIE
Hierdie bestanddele maak 4 – 5 pakkies
1 goeie dik steak per persoon
3 aartappels per persoon of na smaak
1 pak bacon bits
1 pak gesnyde sampioene
gerasperde kaas
gesmelte botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie
Stel oond op 220°C
1 lekker groot stuk dik foelie per persoon
Sny aartappel in kwarte en kook tot gaar, nie pap kook nie.
Sny steak in dik stukke of los dit heel.
Braai die bacon bits en sampioene.
Dan…
Maak die foelie oop en in die middel sit jy die steak en langs die steak sit jy die aartappels.
(Jy kan gekapte rou uie ook oorstrooi)
Smelt dan botter, so 1 koppie botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie.
Verdeel die bottermengsel oor die steak en aartappels in die pakkies.
Maak foelie mooi toe en sit die pakkies langs mekaar in ‘n oondpan, laag in die oond.
Na so 10 – 15 minute maak jy die pakkies net bo oop soos ‘n bakkie.
Gooi die bacon en sampioene en gerasperde kaas oor en druk dit onder die oond se rooster tot kaas die smelt. ( hou oop)
Eet en geniet…
Daar is ‘n lekker sousie in die pakkie….jy kan ‘n broodjie daarin dip en eet.
En dit kan op die kole ook gemaak word.
Resep geplaas deur Elza Charlez
Foto: Elza Charlez







Geskuif
Ek was maar skrikkerig vir die resep wat steak in foelie wil gaarmaak (gedink dit gaan bleek wees). Wat ‘n ongelooflike verrassing! Die reaksie van die eters wat oorweldigend. Die steak is doeksag en baie, baie geurig. Julle kan die resep sonder huiwering gebruik. Resultaat was opgeëet voor ek kon foto’s neem.😍😍