


SANDRA SE 5 BESTANDDELE MUFFINS
Die wat my ken, weet ons is nou baie besig met Valentine produksie. Maar toe die 5 bestanddele uitdaging bekend gemaak is, het ek dadelik my kits produkte nader getrek en ge-oefen. So vandag plaas ek ‘n tjoef tjaf resep (met respek aan al die kranige baksters in die groep) … maar dit is 5 bestanddele so dit tel 😂😂
1 pakkie Bran Muffin Mix
Voeg by:
1 eier
1½ koppie melk
½ koppie olie
Maak 4 piesang fyn en meng met beslag.
Skep in gesmeerde muffin pan en bak vir 20 min by 180°C.
Beslag maak 18 gewone groote muffins of 40 mini muffins.
Foto en resep: Sandra O’Connell






