HEERLIKE PYNAPPELHOENDER
5 jaar en 5 bestanddele gereg
1 kg hoenderstukke
1 blik (440 g) fyngemaakte pynappel
125 ml blatjang (1/2 k)
60 ml mayonnaise (1/4 k)
30 ml aangemaakte mosterd (2 e)
5 ml sout
Verhit oond tot 180°C.
Plaas hoenderstukke in ‘n vlak, oondvaste bak met volume van 2 L (8 k).
Strooi sout oor.
Meng pynappel, blatjang, mayonnaise en mosterd en skep oor vleis.
Bak die gereg ongeveer 1½ uur lank onbedek tot gaar en bruin.
Lewer 6 porsies
Foto: Marie Dumas Jennings
Resep geplaas deur Marie Dumas Jennings
Geluk met 5 jaar op fb blad doen so voort en mag ons nog lank die die klitsers laat meng, potte laat prut, oonde laat bak en sommer lekker klets!
Al die Admins met Rina Kleinhans aan die stuur, julle is TOPS
geskuif