

PAASHASIE KOEKIES
1 ½ koppie Royal Baking mix*
½ koppie vla poeier
1 geklitste eier
½ teelepel suurlemoen of vanilje essense
½ koppie fyn klapper
½ koppie suiker
2 eetlepels melk
Meet al die droë bestanddele in ‘n mengbak af. Meng goed.
Voeg melk en essens by geklitste eier.
Voeg vloeistof gelydelik by droë bestanddele en meng tot n gladde deeg, knie liggies.
Rol uit tot 1/8 duim dik . Sny met koekieuitdrukker.
Bak in 400º F (200°C ) oond tot liggoudbruin is.
Royal Versiersel
Meng die wit van een klein eier en een eetlepel koue water saam.
Klits gesifte versiersuiker daarin tot dit ‘n lekker smeerdikte het.
* Grondresep vir Royal Baking Mix
Sif saam in ‘n groot mengbak;
7 koppies koekmeel
3 eetlepels Royal bakpoeier
2 teelepels sout
Rasper 3/4 lb (1 ½ koppie) suiwer kookvet (moenie botter of margarien gebruik nie). Vryf met die vingerpunte tot dat die mengsel soos fyn mieliemeel lyk. Bewaar in ‘n blik met styfpassende deksel of in ‘n fles met ‘n skroefdeksel, op die spensrak en gebruik wanneer nodig.
Resep geplaas deur Odette Coates






