

KASERIGE GEBAKTE KOOL
Helfte van ‘n medium grootte koolkop
2 eetlepels botter
½ koppie gerasperde kaas of meer indien jy verkies
3 geklitste eiers
2 eetlepels bruismeel
1 pakkie kaassous poeier van jou keuse
sout en peper
‘n knippie neut poeier
1 koppie melk
Sny die kool fyn op en kook in lig gesoute water, waarby ‘n knippie neut poeier gevoeg is, tot baie sag. Dreineer baie goed en meng twee eetlepels botter daarby terwyl dit warm is, asook die halwe koppie gerasperde kaas.
Meng die geklitste eiers, melk, meel en kaassous poeier en sout en peper na smaak en voeg dit by die kool en kaasmengsel. Onthou dat die kaassous poeier reeds sout bevat asook die gaar kool. Plaas die mengsel oor in ‘n oondbak wat met nie kleef-middel gespuit is en strooi ‘n handvol kaas bo-oor.
Bak by 180ºC vir +- 30 minute of tot die eiermengsel gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






