

ELIZE SE TARENTAAL PASTEI
Resep en foto: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg nek, lies of bors van wild, haas of tarentaal in stukke gesny
6 kruie naeltjies
3 lourierblare
1 knoffelhuisie
10 peperkorrels
10 ml (2 teelepels) sout
2.5 ml (½ teelepel) peper)
25 ml (2 eetlepels) asyn
62 ml (¼ koppie) rooi soetwyn, indien verkies
50 g varkspek
Vee die vleis met ‘n klam doek af en sny dit in stukke.
Plaas die vleis en spek, in repies gesny, in ‘n swaar kastrol en gooi genoeg water oor om dit net te bedek.
Voeg die naeltjies en die peperkorrels by en laat 3-5 uur lank stadig oor lae hitte of in ‘n stadige oond by 120ºC tot 150ºC, stowe.
Voeg die ander kruie, sout en asyn by nadat dit 2 uur lank gestowe het.
Haal die naeltjies en die peperkorrels uit en voeg die wyn by ‘n halfuur voor dit klaar gekook het.
Die vleis moet maklik van die bene afkom as dit gereed is. Verwyder al die bene en die velletjies en maak die vleis met ‘n vurk fyn.
Die sous kan met meelblom verdik word wat met koue water gemeng is, indien verkies.
LW: Dit kan ook gebruik word in ‘n pastei.







Geskuif