DIEPGEBRAAIDE HOENDERLEWERTJIES IN MOROKAANSE KRUMMELKORS MET LEMOEN DOOPSOUS
250 g houertjie hoenderlewertjies in happie groot stukkies gesny en goed geprik met skerp dun tand vurk (dit verhoed dat die lewertjies bars wanneer hulle in die olie braai)
250 ml Griekse dubbelroom jogurt
500 ml graanvlokkies, fyngemaak
250 ml vars lemoensap
15 ml mielieblom
Speserye:
15-20 ml Morokaanse speserye (WW Morocan Spice, a warm blend of cumin, coriander, harissa and rose petals)
2-5 ml gedroogde rissie vlokkies (na gelang van hoe warm jy dit wil hê)
1 ml hoender speserye
Marineer die stukkies hoenderlewer in jogurt in yskas vir ‘n uur (dit maak dit supersag).
Meng die fyn graanvlokkies met die Morokaanse speserye en gedroogde rissie vlokkies en gooi in plat houer.
Nadat die hoenderlewertjies in die jogurt gemarineer het, bedek elke stukkie goed in die krummel mengsel en sit in ‘n bord. Sit terug in yskas vir ‘n halfuur voordat hulle gebraai word, sodat die krummels nie afval nie.
Maak sonneblom olie warm in kastrol of gebruik diep braaier. Ek gebruik my kleefvrye wok op my vinnigste warmste gasplaat.
Braai die lewertjies in medium hitte olie sodat die krummels nie brand nie maar net die paar minute. Die lewertjies moet nog effens pienk wees binne.
Dreineer op bruin papier en bedien met die lemoen doopsous.
Lemoen doopsous:
Meng die mielieblom en hoender speserye met die lemoensap en kook in mikrogolf tot verdik en half deurskynend. Doen dit in kort sarsies van 10 sekondes op 100% krag op ‘n keer en roer en herhaal tot gaar en die tekstuur dikkerig en glad.
Hierdie is ideaal as ‘n versnappering saam met drankies of voorgereg. Ek het myne vanaand saam met fluffy sexy mash as aandete geëet.
Foto en resep: Elsabie Templeton
Oorgedra na nuwe blog. Vrydag, 27 September 2019.
*