

WENK OM BOTTER OF MARGARIEN AF TE MEET
Die is meer ‘n wenk wat ek deel, skoonma het my nog geleer.
Wanneer resep vra vir 250 g botter of margarien:
Maak pak oop, maak 2 snye dwars oor blok, (SIEN FOTO) waar die snye kruis is 250 g.
Indien 125 g nodig is, kan die 250 g op dieselfde manier (dwars gesny) gemerk word en waar die lyne dan kruis, is 125 g.
(Kan ook dieselfde doen om weer die 125 g op te deel na 2 x 62.5 g dele)
Hoop my foto is duidelik.
Foto en wenk deur Corrie Van Der Merwe






