

BEVRORE BESSIETERREIN
TERRIEN
2 liter vanieljeroomys, effens ontvries
1 groot madeira-sponskoek of panettone
300 g elk ryp aarbeie, bloubessies en frambose
BOLAAG
250 g bevrore frambose
200 g vars of bevrore bloubessies
200 g aarbeie, in kwarte gesny
1 e versiersuiker, om oor te sif
Voer ’n 900 g-broodpan met kleefplastiek uit. Maak seker dit hang oor die rande sodat jy dit oor die nagereg kan vou.
Skep ’n laag vanieljeroomys onderin die pan en pak ’n paar dun snye sponskoek bo-op. Bedek met ’n laag elk van die aarbeie, bloubessies en frambose.
Skep roomys oor die bessies en herhaal die lae soos in die vorige stap totdat die pan vol is. Druk die bestanddele plat om enige holtes te vul. Vou die kleefplastiek toe en sit die terrien in die vrieskas tot kliphard gevries.
Haal dit 15 minute voor opdiening uit die vrieskas. Druk die pan vinnig in warm water en keer die terrien op ’n bord uit. Versier met bessies en sif versiersuiker oor.
WENK: Doop jou mes in warm water om die terrien makliker te kan sny
Resep: Susan-Katryn Janse van rensburg






