
VARKWORSIE HAMBURGER
Die resep lewer 6 hamburgers
Vleis koekies
4 varkworsies, vleis uit die derm gedruk
1 ui, gekap
2 wortels, fyn gerasper
10 ml (2 teelepels) tiemieblaartjies
1 5 ml (1 eetlepel) blatjang
sout en peper na smaak
Hamburger
6 hamburgerbroodrolletjies, gehalveer
paar jong spinasieblare
2 piesangs, in die lengte in die helfte deurgesny
soetbrandrissiesous koljanderblare vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Vleiskoekies:
Meng al die bestanddele vir die vleiskoekies liggies maar deeglik en vorm 6 koekies. Laat 20 minute verkoel.
Braai in ’n verhitte pan tot alkant bruin, sit op ’n bakplaat en bak nog sowat 10 minute in die oond tot gaar.
Hamburger:
Rooster die broodrolletjies liggies indien verkies.
Pak spinasieblare op elke broodrolletjie.
Plaas die vleiskoekie bo-op en pak piesangskywe bo-op.
Giet die brandrissiesous oor en sprinkel die koljanderblare oor.
Resep geplaas deur Miemsie De Klerk






