

SUURLEMOEN BROODJIE KOEK
Smeer ‘n brood pan met botter, verhit oond vooraf op 180°C
1 koppie suiker (250 ml)
2 eiers
125 ml botter
Rasper skil van 1 suurlemoen
Halwe koppie melk
Knippie sout
2 kp bruismeel (500 ml)
Sous:
125 ml koppie suiker
2 suurlemoene se sap
Rasper skil van 1 suurlemoen
Klits suiker en botter dan voeg jy die eiers by, meng deur.
Voeg die meel, sout en skil in en klits, voeg melk geleidelik by en klits tot gemeng.
Plaas in voorbereide pan en bak in die oond vir so 45-60 min by 180°C (gewone oond).
Sit die sous se bestanddele in ‘n mikrogolf houer en kook ‘n rukkie in die mikrogolf tot die suiker opgelos is. Hou die stoop warm.
As die koek klaar gebak het, terwyl nog warm, steek gaatjies oral in die koek en gooi die stroop oor die koek dat dit lekker in die koek intrek. Wanneer afgekoel, gooi uit die pan en bedien.
Resep en foto: Shandre Esabel Swartz






