

SLAAI MET RADYS RAND
Genoeg vir 20 mense as daar ander bykosse is.
½ engelse komkommer, opgesny
1 pakkie kersie tamaties, in die helfte gesny
¼ van elk rooi en geel soetrissies, opgesny
2 ringe Feta kaas, in blokkies gesny
Plaas al die bestanddele in die bak/bord waarin jy gaan bedien en versier die rand met dun gesnyde radyse. Plaas die slaaisous van jou keuse apart op die tafel vir elkeen om oor te sit indien verkies.
Resep en foto: Meisie van der Colff






