

SADE BESKUIT
Resep en foto: Alta Gunter van Wyk
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel
500 g magarien of botter
2 koppies bruin suiker
1 koppie olie
12.5 ml vanilla geursel
500 ml karringmelk en nog ‘n ¼ koppie
2 eiers
15 ml bakpoeier
5 ml sout
30 ml klapper
1 koppie semels
½ koppie nuttywheat
1 koppie oats
½ koppie sesame saad
½lynsaad (lynsead)
½ koppie sonneblom saad
½ poppysaad
½ koppie pekan neute, gekap
Kan ook sade vervang of bysit soos pampoen saad
Smelt magarien en suiker saam.
Klits melk, eiers vanilla en melk nou saam.
Voeg gesmelte botter, olie en suiker by eier en melkmengsel.
Voeg droë bestanddele by en meng.
Sit in pan en bak vir 180ºC vir 20 min en dan op 160ºC vir ± 15 min, maar toets of dit gaar is, dit is ‘n sagte deeg.
‘n Vriendin se resep. Beskuit is lekker bros.






