

BOTTERSKORSIE GEBAK
(BUTTERNUT GRATIN)
2 medium butterskorsies
Gedroogde knoffel vlokkies
Gedroogde uie vlokkies
Gedroogde salie
Gemaalde swart peper
Gemaalde sout
Gerasperde parmesan kaas
1 blik klapper room
1 t kerrie
1/2 t borrie
Skil die botterskorsies en sny dit in 2-3 mm skywe.
Meng die kerrie poeier en borrie met die klapper room.
Gooi ‘n klein bietjie klapper room mengsel onder in jou oondbak – net genoeg om die bodem te dek.
Pak ‘n laag botterskorsies bo-op die klapper room mengsel. Strooi knoffel vlokkies, uie vlokkies, swart peper, sout, salie en parmesan oor. Herhaal tot al die botterskorsie skywe klaar is.
Gooi die klapper room mengsel oor en laat dit deur die lae syfer.
Strooi ‘n stewige laag parmesan oor.
Bak teen 160°C vir so 45 minute tot die botterskie sag is en die parmesan begin verkleur.
NOTAS:
Ek het Rajaj se bruin (wat nou pers is) aromatiese matige kerrie gebruik. Nie te sterk nie en vol geure!
Hierdie dis raak regtig lekkerder hoe langer dit staan. Die klapper room en salie het ‘n unieke smaak wat saam met die kerrie en borrie die botterskorsie komplimenteer.
Foto en resep: Wayne Dugmore






