

BEESVLEIS TACO
Was nie lus vir Italiaans vanaand toe maak ek bietjie Meksikaans.
500 g maer bees maalvleis
1 ui, gekap
1 groen pepper, gekap
Taco speserye mengsel
Braai uie en pepper tot begin verkleur en sit dan maalvleis by. Gooi speserye na smaak by en roerbraai tot gaar en die vleis los is.
Maak die taco doppe warm in oond soos per aanwysings op pakkie.
Berei die salsa:
2 tamaties, opgekap
1 klein ui, opgekap
Komkommer dun gesny of in spiraalrepe gesny en gesprinkel met rys asyn of sushi asyn
Genoeg gerasperde Cheddar kaas.
Suurroom
Sit die maalvleis in die taco doppe en skep van die salsa bo-op.
Bedien die gerasperde kaas en suurroom saam sodat elke persoon na smaak kan bysit.
Ek het met mielies bedien.
Resep en Foto: Elsabe Templeton






