

BEES FILLET MET BLOMKOOL PUREE
(Gebraaide babawortels, aspersies en eksotiese sampioene, Wasabi room en rooiwyn reduksie.)
Vir die blomkool puree:
1 groot blomkool kop
500 ml melk
sout
tiemie, vars takkie
Kook saam tot blomkool sag is. Dreineer en haal tiemie tak uit.
Blits in voedselverwerker. Werk dit deur ‘n sif. Bêre eenkant.
Vir wasabi room:
1 eetlepel wasabi paste
250 ml suurroom
80 ml vars room
Meng bestanddele saam en sit in ‘n spuitbottel.
Rooiwyn reduksie:
350 ml rooiwyn
350 ml port
2 lourierblare
5 peperkorrels
tiemie – vars takkies
1.5 liter beesaftreksel
1 ui, grof gekap
Braai ui in olyfolie tot deurskynend. Voeg rooiwyn, port, lourierblare, peperkorrels en tiemie by.
Kook af tot mengsel met helfte verminder het.
Voeg aftreksel by en kook weer af tot mengsel met helfte verminder het.
Vryf mengsel deur ‘n sif en sit terug in ‘n pot. Voeg 1 eetlepel egte botter by en roer deur.
Vir die groente:
babawortels
baba aspersies
pak eksotiese sampioene
egte botter
olyfolie
Braai groente apart in ‘n bietjie botter en olyfolie. Skep uit en bêre eenkant.
Vir die bees fillet:
Sny fillet in 6 cm skywe.
Smeer met bietjie olyfolie. Vryf met gerookte Maldon sout en growwe peper.
Braai in ‘n pan tot al die kante geseël is.
Plaas in ‘n oondpan in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir sowat 8 – 9 minute.
Haal uit en laat dit rus vir sowat 7 minute.
Smeer blomkool puree op bord. Plaas fillet bo-op, en rangskik groente soos verkies.
Spuit van die wasabi room op die bord.
Bedien saam met rooiwyn reduksie. Garneer met eetbare blommetjies.
Resep geplaas deur Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen







geskuif