

ADEL SE MANGO VOORGEREG
Vanaand iets nuuts probeer as voorgereg by braai:
1 pak puff pastry, uitgerol
2 ryp mango’s, geskil en in dun skyfies gesny
1 groot rooi ui in dun ringetjies gesny en gebraai in 2 teelepels botter
2 wiele feta kaas, gekrummel
Plaas eers die mango op die puff pastry dan die uie en strooi nou die feta oor.
Strooi sticky barbeque spice oor en sout en swartpeper na smaak.
Rol nou op en druk die kante toe.
Plaas op bakplaat en verf bietjie melk oor die deeg.
Bak teen 200°C totdat mooi goudbruin en bros sowat 25 minute.
Sny in skywe en bedruip met Balsamic Gold.
Foto en resep: Adele Horn






