

VRUGTEKOEK MET DADELS EN KERSIES
Smeer 2 ronde koekpanne(diep)
Kook die volgende saam vir 5 minute:
500 g vrugtekoekmengsel
250 g dadels in stukkies gesny
200 g kersies
2 teelepel fyn gemmer
2 teelepel fyn kaneel
2 teelepel vanilla geursel
2 koppies suiker
2 koppies water
200 g margarine
Ektra:
2 teelepels koeksoda
½ koppies gekapte neute
4 koppies bruismeel
4 geklitste eiers
Brandewyn
Kook vir 5 minute.
Haal van stoof af en laat afkoel.
Roer by die koeksoda, gekapte neute, bruismeel en eiers by.
Skep in gevoerde koekpanne en bak vir 2 ure in oond op 160ºC.
Toets vir gaarheid en haal uit die oond. Sodra afgekoel giet brandewyn (ongeveer 50 ml) oor.
Draai toe in tinfoelie en laat staan.
Foto en resep: Marda Pienaar






