VRUGTE PIESANGBROOD
Ek het hierdie resep by my skoonma se vriendin gekry. Dit vandag gebak. Rerig baie lekker. Dit is haar eie resep, maar sy het gese ek is welkom om die resep te deel, so hier is hy!!!
200 g margarien
2½ koppie suiker
6 groot eiers
2 teelepels vanilla geursel
8 groot piesangs (fyn gedruk)
4 koppies koekmeel
1½ teelepel koeksoda
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie dadels (gekap)
1 koppie kersies (in kwarte gesny)
1 koppie pekan neute (gekap)
1 koppie vrugtekoekmengsel
Room margarien en suiker saam.
Voeg eiers en geursel by en klits goed.
Voeg piesangs by en werk goed deur.
Sif koekmeel, koeksoda, bakpoeier en sout saam en voeg by piesangmengsel.
Werk goed deur.
Voeg dadels, kersies, neute en vrugtekoekmengsel by en meng goed deur.
Skep in gesmeerde broodpannetjies wat met waspapier uitgevoer is en bak teen 200ºC vir 30 – 40 minute of tot gaar.
Nota: Dit maak eintlik 4 sulke broodjies soos op die foto.
Die broodjies vries ook baie goed!
Resep: Chrissie Kruger
Foto: Bets Lourens