

SUSHI RYS EN SUSHI
3 koppies rou sushi rys
4 1/2 koppies water
Knypie sout
Sushi vinegar
Gooi rys in n pot. Gooi genoeg water om rys te bedek. Laat staan vir 15 minute. Dreineer rys, laat staan vir 20 minute. Voeg 4 1/2 koppies water by rys en kook op stadige hitte tot rys al die water absorbeer het. Hou maar dop want dit is redelik vinnig. Sit plaat af. Bedek pot met n vadoek en dan n deksel. Laat vir so 10 min staan om bietjie af te koel. Sprinkel sushi vinegar oor rys, en sny deur die rys met n houtspaan. Gebruik n handwaaier om rys vinniger af te koel. Gebruik soos benodig.
Vir sushi kan jy van volgende gebruik:
Norwegian salmon
Smoked salmon
Prawns
Crabsticks
Advokadopeer
Komkommer
Swart olywe
Danish feta
Jy benodig ook
Nori seeweed velle
Pickled gemmer
Wasabi paste
Kewpie mayonaise
Ek sit my rol mat binne in n zip lock sak. Die sushi rol maklik sonder om vas te sit.
Sit die nori vel, blink kant na onder op die rolmat. Vat n handvol rys en versprei dit op die norivel. Los so sentimeter spasie op die rand verste van jou af. Pak nou jou gunsteling kombinasie so sentimeter van die rand naaste aan jou. Gebruik die mat en rol terwyl jy dit styf vasdruk. Sodra hy heeltemal opgerol is, druk die mat styf teen die rol vas. Vat n lang skerp mes en sny die rol in die helfte, en dan weer in die helfte en weer in die helfte. Jy behoort agt stukke uit elke rol te kry.
Ek hou maar n klam lap byderhand om die lem af te vee na elke sny. Dit verseker dat elke sny skoon en netjies is. Die sushi word voorgesit met gemmer en wasabi en kewpie mayonaise
Foto en bron: Charleen Nieuwenhuizen







Geskuif