SJOKOLADE BALLETJIES MET KOFFIE
8 eetlepels margarien
2 eetlepels fyn koffie poeier (ek gebruik Frisco)
1 ½ koppie hawermout
1 ½ koppie klapper
1 ½ koppie versiersuiker
Meng alles saam en maak balletjies.
Druk ‘n tandestokkie in elke balletjie en sit oornag in yskas.
(Jy kan gekapte neute en kersies ook in sit.)
Verminder dan net jou klapper.
Smelt groot sjokolade in mikrogolf en druk onderste gedeelte van die koekies in sjokolade.
Sit op waks papier om hard te word.
Hou in yskas.
Resep en foto: Aneen Ferreira