

ROOMKAAS EN SALM DOOPSOUS
250 g roomkaas (Ek gebruik die smeerbare een, maar as jy dit nie het nie laat roomkaas tot kamer temperatuur kom om maklik mee te werk )
150 g gerookte salm
sap van ½ suurlemoen
2 gehoopte eetlepels kapers, fyn gekap
1 teelepel Worcestershire sous
1 teelepel soya sous
sout en peper na smaak
Gebruik vurk en meng roomkaas tot sag.
Voeg die gevlokte salm by en meng bietjie.
Gooi res van bestanddele by behalwe sout en peper en meng goed.
Geur met sout en peper na smaak.
Ps. Ons hou van bietjie meer suurlemoen so ek gooi nog so bietjie sap by.
Dit kan gemaak word ‘n dag voor die tyd of 5 min voor mense kom, maar as dit staan raak dit bietjie lekkerder vir my.
Foto: Elizna Willemse Tinone






