

MELANIE SE SJOKOLADE OLIE KOEK
3 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
1 teelepel koeksoda
1/3 koppie kakao
knippie sout
2 koppies kookwater
1 koppie olie
2 teelepels vanilla
1/5 koppie wit asyn
Klits alles goed saam. Gooi mengsel in 2 ronde koekpanne.
Bak vir 30-45 minute by 180 grade celcius.
Toets met koekpen om te kyk of dit gaar is.
Om te versier 3 Groot pakke KitKat, 2 boksies Astros, 2 pakkies Whispers en 2 pakkies gespikelde eiers. Ek het icing gemaak, en oor koek gesmeer. Elke kitkat vinger ook gesmeer met icing, dan plak dit beter vas. Gebruik jou verbeelding, kan eintlik enige sjokolade bo-op sit. Geniet dit!
Foto en Resep: Melanie Elms Volmer






