MAKLIKE VRUGTEKOEK VIR KERSFEES
Kook die volgende saam:
1 koppie bruin suiker
1 koppie koue water
125 g margarien
500 g vrugtemengsel
Laat goed afkoel.
Voeg 2 goed geklitse eiers by.
Sif die volgende saam:
2 koppies bruismeel
1 opgehoopte teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye
Roer in by vrugtemengsel.
Voeg dan ½ koppie brandewyn, wiskey of sjerrie by mengsel.
Voeg beslag in goed gespuite koek pan. Bak op 150°C vir 1 uur en 15 min. Laat afkoel en bêre in ‘n koek blik wat dig seël. Jy kan dit nog brandewyn gee tot dit geëet moet word, anders kan jy hom nou al eet. Geniet dit en lekker bak.
Foto en resep geplaas deur Melani Swanepoel
Tweede foto en nota: Hanlie Henning
Trots op my vrugtekoek. Het dit in ring pan gebak.