


LEMOEN-SJOKOLADE MARMER KOEK
150 g botter
2 koppies koek meel
2 teelepel bakpoeier
¼ tlp sout
½ koppies suiker
3 groot eiers
1 proppie vanilla geursel
¾ koppie karringmelk
Sap en skil van 1 lemoen
2 eetlepels kakao poeier
¼ koppie warm water
Sif meel, bakpoeier en sout saam. In aparte bak meng botter en suiker tot romerig. Voeg geklopde eiers, vanilla essence en meel mengsel by en meng, Giet karring melk bietjie-bietjie by tot beslag deeglik gemeng is.
Meng kakao en water in n koppie tot glad. Vat 1/3 mengsel en voeg kakao by om n sjokolade mengsel te kry. Druk sap uit lemoen en voeg by res van mengsel met gerasperde skil. Giet mengsel in lae in gesmeerde panne. Om marmer effek te kry gebruik n sosatie stok / botter mes en beweeg rond in beslag. Bak in voorverhitte oond (170ºC) vir ongeveer 25 min of tot gaar.
Sjokolade versiersel:
Smelt 2 eetlepels botter in ½ koppie melk vir +-1 minuut. Voeg 1 teelepel vanilla geursel by en meng. Voeg dan 2 koppies versiersuiker gelyk met 3 eetlepels kakaopoeier en giet oor afgekoelde koek.
Resep geplaas deur Renata Nalta Bezuidenhoudt
Foto: Renata Nalta Bezuidenhoudt






