

KITS MUFFIN MIX NAGEREG
Resep geplaas deur Karen Botha Els
FOOD LOVERS RECIPES
1 x vanilla muffin mix
1 blikkie tert appels
gekapte pekanneute
Kaneel suiker
1 koppie room
1 koppie molassa suiker
Maak een pakkie vanilla muffin mix aan soos aangedui.
Skep in ‘n gesmeerde oondbak, pak 1 blikkie tert appels oral bo-op en strooi gekapte pekan neute oor.
Sprinkel met kaneel suiker.
Bak in n 180ºC oond vir so 20 min of tot goud bruin.
Sodra uit oond kom gooi die volgende stropie oor :
1 koppie room en 1 koppie molasse suiker saam gekook vir so 15 minunte en dan goed afgekoel.
Die poeding is so tussen ‘n appeltert en ‘n malva poeding.
Hy kan saam vla of vanilla roomys bedien word.






