INGELEGTE HEEL TOLLETJIE PERSKES
Tolletjie perskes ingelê (heel klein perskes, benaming geleer by my ouma: sy het droë perskes ook so gedoen). Die pitte is in die perskes, daarom “tolletjie perskes” jy eet rondom die pit.
Medium stroop:
2 koppies water
1 koppie suiker
Kook stroop, voeg perskes by, net ‘n klompie op ‘n slag, kook vinnig vir 2 min.
Haal uit en bottel in warm gesteriliseerde flesse, seël fles dadelik.
Ek maak elke keer net 2 hoeveelheid stroop aan, hang ook af hoeveel vrugte jy het.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk
Tweede foto en variasie: Alta Gunter van Dyk
Voeg perskes by kokende stroop, kook tot effe sag maar nie pap,so ±15 min. (die perskes bietjie langer gekook, nog effe groen gewees)
Jou stroop hang af van jou hoeveelheid vrugte.
Ek maak elke keer vars stroop aan.
Ek kook ook net soveel perskes wat kastrol se boom toemaak, anders kook dit pap.
Skep warm perskes in bottels, gooi stroop tot vol, steek pen in vir lug blasies, vul dan verder aan met stroop tot dit oorloop, sit deksel op en draai toe.