


GROENTEPOEDING
My vriendin Annetjie Smit het hierdie resep met my gedeel, dit is ‘n poeding wat haar skoonmoeder Malie, gemaak het en familie gereeld maak en is glo baie lekker.
250 ml gerasperde aartappels
250 ml gerasperde wortels
250 ml koekmeel
250 ml suiker
125 ml sagte botter
5 ml koeksoda
2 eiers geklits
knippie sout
Meng botter en suiker goed en gooi eiers by. Meng deur.
Sif koekmeel, koeksoda en sout saam en meng in die eiermengsels in. Sit res van die bestanddele by en meng goed, sit in oond bak wat gespuit is.
Bak by 180 grade C vir ongeveer 35 min. of tot gaar toets
Bedien met vla, room of roomys
Resep: Annetjie Smit
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Baie klein beslag, genoeg vir 4 porsies… ek sal bietjie mix spices insit volgende keer






