



DAVE SE RISSIE EN KERRIE SKAAPSKENKEL POT
1 kg skaap skenkels
2 uie opgesny
Baba aartapels (Soveel jy wil)
Crushed garlic na smaak
Potjie mix groente
2 pakkies sampioene opgesny
Chilli sous (Ek gebruik tuis gemaakte)
Mother in law curry. Na smaak
Tandori Masala. Na smaak
Curry masala. Na smaak
Borrie. Na smaak
Steak & Thops spice
5 Bay leaves
Volgende gooi mens na smaak
Origanum
Thyme
Nutmeg
Cloves
Ground Cumin
Coriander
Cinnamon
Sous:
Brown onion sop poeier
Ms Balls chutney
Appelkoos konfyt
Greek salad slaai sous
Mostert sous
Ek braai eers die uie bietjie tot glans. Dan gooi ek al die droeë bestanddele in. Dit is die borrie, kerrie poeiers, nutmeg, cloves, cumin, coriander, cinnamin, origanum, thyme in. Maar raak bietjie droog in die pot. Gooi net bietjie water in. Braai dan nog bietjie en haal uit. En dan gooi ek die vleis in en braai bietjie uit. En dan gooi ek als weer terug met bietjie water tot die vleis amper bedek is.
Prik tot amper sag. Gooi baba aartapels in en prik vir ‘n rukkie tot amper sag. Gooi potjie mix in en na so rukkie die sampioene.
Sous
Gooi n pakkie brown onion sop poeier in bietjie water en meng mooi. Voeg chutney, konfyt en Greek slaai sous by na smaak en meng mooi. Roer mooi en gooi mengsel in pot . Verlaag hitte en prik tot sous lekker dik is.
PS…..
Ek bedien dit met samp. Maar in plaas van sout in gooi, gooi ek 2 blokkies chicken stok in. Oppas vir die cloves. Moet nie teveel ingooi nie, want kan maklik als oorheers.
Foto en resep: David Naude






