

VANILLA KOEK MET BOTTER VERSIERSEL – GROOT CUPCAKE
My ou moedertjie se 87ste verjaarsdag koek. Dit is ‘n vanilla koek met botter versiering.
4 eiers
2 koppies suiker
2 koppies meel
knypie sout
½ koppie olie
1 koppie melk
2 teelepels bakpoeier
Klits die eiers en suiker vir 15 min.
Kook olie en melk, laat afkoel.
Sif die meel en sout meng by eier mengsel saam met afgekoelde melk/olie per hand.
Sif bakpoeier by en meng weer. Sit in voorbereide cupcake panne.
Bak op 175°C vir 25 min of tot koek pennetjie skoon uitkom.
Die beslag is genoeg vir 1 pan en omtrent 12 klein cupcakes.
Botterversiersel:
500 g botter
6 koppies versiersuiker
vanilla geursel
kleur van u keuse
Meng botter tot romerig, klits sommer baie goed.
Sif versiersuiker by asook die vanilla en kleursel. Meng goed.
Versier koek soos u wil. Groete en geniet.
Resep en foto: Angela de Roubaix






