

DRIPPING GANACHE
Ek deel graag iets wat ek onlangs geleer het. Met dripcakes wat nou so gewild is, het ek gesukkel om wit ganche dripping te maak. Die wit sjokolade het ‘n geel voorkoms as dit gesmelt is en kleur dan ook nie mooi nie. Nou die tip…
Smelt jou wit sjokolade saam met die room in verhouding 3:1. Laat staan dan tot die ganache weer verdik het -ek het myne vir ‘n tyd in die yskas gesit. Wanneer die ganche ‘n smeerbare dikte is, klits dit met elektriese klitser – soos jy klits sal dit witter raak. Nou kan dit weer vir paar sekondes in mikrogolf warm gemaak word sodat dit weer kan “drip”.
Ns. Ek het ongelukkig nie voorbeeld van die wit ganache nie, ek moes myne groen kleur, maar die groen het baie mooier uitgekom nadat die ganache witter was.
Foto: Irma van Elewee Swart






