

TWEE BESTANDDEEL KOEKIES
12 – 16 koekies
2 groot piesangs (kan paar dae oud wees)
1 koppie kits outs
Voorverhit jou oond tot 180°C
Mash die piesangs in ‘n medium groot bak en voeg die oats en ekstras by. (ek het chocolate chips bygevoeg) Meng goed. Vorm balletjies met jou hande en pak op ‘n bakplaat wat gevoer is met bakpapier. Ek het die bakpapier ook met spray n cook gespuit om seker te maak die koekies sit nie vas nie.
Jy kan die koekies bietjie meer plat druk as jy dit so verkies.
Bak vir 12 – 15 minute, afhangde van jou oond.
(As jy net die 2 bestanddele gebruik, is dit diabeet vriendelik)
Foto en resep deur Chantelle Tella Jordaan






