

MIKROGOLF TOFFIE MET ‘N TWIST
Maak 24 blokkies
1 blik kondensmelk
100 g wit sjokolade
50 g Marie beskuitjies
Gooi die blik kondensmelk in ‘n mikrogolf-veilige bak (verkieslik ‘n glas bak) en mikrogolf op hoog vir 2 min of tot kondensmelk borrels begin vorm.
Breek sjokolade in en roer tot dit gesmelt is. Plaas weer in mikrogolf vir 6 min. Roer elke 60 tot 75 sekondes.
Na 6 min haal uit en roer deur. Mengsel moet begin dikker voel, anders plaas nog ‘n minuut op ‘n slag in mikrogolf.
Wanneer die mengsel dik is, breek Marie beskuitjies by en roer goed deur.
Gooi mengesel in ’n vierkantige bak wat met spray n cook gespuit is, maak glad en plaas in yskas vir ten minste 2 uur.
Sny in blokkies en geniet.
Foto en resep deur Chantalle Heyns






