
MARITA SE GEMMERBROODHUIS DEEG
Verhit 500 ml stroop (heuning oorspronklik ),
250 g bruinsuiker,
100 g botter (of 100 ml sonneblomolie).
Laat bietjie afkoel, voeg 1 teelepels koeksoda by, in bietjie koffee opgelos,
Dan 2 teelepels Kaneel,
2 teelepel gemengde speseryer.
1 teelepel kruie naeltjie poeier,
1 teelepel gemmer (opsioneel).
Meng in die afgekoelde massa met 3 eiers en dan 1,8 kg meel of meer todat die deeg mooi uitgerol kan word.
Dit is ‘n egte duitse resep. Ek maak ook met die deeg gemmerbrood-harte en -mannetjies, Vir kleinkoekies vir kersfees meng ek gekapte neute of amandels by. Die harte word ook mooi versier.
Resep geplaas deur Marita Fröhlich
Foto: Jacqui Van Zyl Hodgkinson






