


MAANLIGTERT
Voorverhit die oond tot 180°C.
Vryf saam in ‘n mengbak:
125 g margarine
1 ½ koppie bruismeel
¼ teelepel sout
½ koppie suiker
Meng by die meelmengsel:
1 geklitste eier
1 eetlepel melk
Dis ‘n natterige deeg. Druk die deeg in ‘n gesmeerde plat bak, druk gaatjies in die deeg en bak vir 10 minute in die voorverhitte oond. Verwyder die kors uit die oond en smeer fyn appelkooskonfyt oor die kors.
Vulsel:
1 koppie suiker
1 eetlepel sagte margarine
2 eiers
knippie sout
Klits die vulsel bestanddele saam in ‘n mengbak.
Roer by die vulsel:
1 koppie klapper
½ teelepel amandelgeursel
1 teelepel karamelgeursel
Skep die vulsel op die konfyt in die tertkors. Plaas die tert weer in die oond en bak tot die bokant van die tert mooi goudbruin is en die tert in die middel geset is, ongeveer 20 – 30 minute. Verwyder die tert uit die oond, laat afkoel en bedien.
Foto 1 en 2: Amandae Conradie en Meisie Van Der Colff







geskuif