

KANEELTJIES
10 koppies koekmeel
4 koppies suiker
6 teelepels kremetart
6 eiers
500 g margarine
3 teelepels koeksoda
Bietjie sout
Klits margarine, suiker en eiers tot donsig.
Voeg droë bestanddele by meng goed. As dit nog bietjie pap is voeg bietjie meel by.
Maak balletjies, rol in kaneel en suiker.
Druk met duim ‘n duik in middel van koekie.
Bak 180ºC vir + – 20 min of gaar.
Dieselfde resep kan gebruik word vir n speserye koekie,voeg net 5 teelepels allspice by.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk






