

JOHANNA SE GEMMERKOEKIES (altyd ‘n sukses)
Resep en foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar
FOOD LOVERS RECIPES
250 g margarien
2 koppies suiker
1 koppie stroop
2 eiers
4 kopppies koekmeel
2 teelepels gemmer
1 teelepel koeksoda
1 teelepel pypkaneel
1 teelepel gemengde speserye
½ teelepel sout
Meng margarien, suiker en stroop goed.
Voeg die eiers by en meng.
Voeg die droë bestanddele by en meng baie goed.
Maak balletjies en druk net liggies aan die balletjies, dit sprei vanself.
Bak so ± 8 min op 180 ºC.






