

BRANDERIGE MONKEY GLAND-SOUS
2 uie
15 ml olyfolie
2 fyngekapte knoffelhuisies
125 ml water
250 ml tamatiesous
125 ml worcestersous
125 ml brandrissiesous
250 ml vrugteblatjang
60 ml witasyn
80 ml suiker
‘n skeut Tabascosous
Kap die uie baie fyn en braai dit in die olyfolie tot sag. Voeg die fyngekapte knoffelhuisies by en braai tot sag. Voeg dan al die ander bestanddele by. Verhit tot kookpunt en prut oor lae hitte tot die sous verdik en geurig is. Sit voor met wors of op ‘n hamburger of worsrolletjie. Lewer ongeveer 1 liter sous.
Resep geplaas deur Tracey van Zyl






